Die PPK as kerk organisasie   

 

 

Die PPK Kerk is gestig in Maart 1958. Die geïntegreerde kerk in Suid-Afrika bestaan uit ongeveer 220 gemeentes. Die PPK Kerk beskik ook oor gemeentes buite die landsgrense. Die inligtingsbrosjures en inligtingstukke asook die grondwet van die kerk is net van toepassing op die gemeentes in Suid-Afrika.

Die kerk het uit 'n drie vlak regering sisteem bestaan. Die lokale vlak, die streeksvlak en die nasionale vlak. Daar was besluit om weg te doen met die streeksvlak.

Daar is 'n definitiewe verskil tussen die lokale gemeente en die uitvoerende raad. Die Admin Buro van die Kerk moet toesien dat die plaaslike Gemeentes die funksie van die Uitvoerende Raad gehoorsaam. Die herstrukturering van die PPK was om te verseker dat die Lokale Gemeentes nog steeds onafhanklik kan funksioneer. Al die Gemeentes van die PPK vorm nog steeds 'n deel van die Uitvoerende Raad.

Die PPK wil graag hê dat die lokale gemeentes moet ontwikkel en dat natuurlike leiers sal ontwikkel.

PPK Lakeside was in 1960 gestig en die Gemeente funksioneer as volg:

Die Sondagskool bied klasse van voorskool tot graad 12 aan en is vir kinders van die Gemeente sowel as kinders van die gemeenskap.

Evangelisasie: Die Woord word op so 'n wyse aan die Gemeente asook aan die Gemeenskap verkondig dat dit in lyn is met God se groot opdrag Matt 28: 18-20.

Welsyn: Daar word in die behoeftes van die behoeftige Gemeentelede asook gemeenskapslede voorsien.

Susters: Kom gereeld bymekaar en bedien mekaar met die Woord en Gebed.
Reël en help ook reël aan funksies, fondse insamel en werk ook nou saam met die welsyndepartement.

Intersessie: Doen voorbidding in die Gemeente en het ook 'n aktiewe gebedslyn en e-pos adres waar versoeke ge-SMS kan word en e-posse gestuur kan word.

Geboue en Terreine: Sien toe dat ons geboue in 'n goeie toestand is en dat ons altyd trots daarop kan wees.

Berading : Word ook aangebied aan getraumatiseerde Gemeente- en gemeenskaplede.

Die Gemeente word tans deur pastoor Christopher Horn bedien.

 
   

Die Gemeente word 50jaar oud in 2010:

Ons is baie opgewonde dat ons Gemeente in 2010, 50 jaar oud word. Ons wil graag dit vier saam met die mense wat dit moontlik gemaak het. Lakeside Gemeente het 'n ryk geskiedenis en as u kan help met foto's en notas van die gemeente sal ons dit hoog opprys stel.